http://staan-saam.page.tl/
Gestbook Riseingsouthernstar-Africa AWB Weskaap

Boere Staan Saam

Ons Volk

http://gelofteland.org/




Ek bly 'n Boer.

Ek staan met my gebuigde hoof voor die Almagtige
my oe is gesluit in stilte neem ek my groot besluit
dat niks en niemand my valslik sal probeer oortuig
van my ware Boere status en van my trotse eer

My geloof en hoop is gevestig op God die Almagtige
Hy wie die Boere die groot oorwinning by Bloedrivier
laat seëvier en alleenlik deur God se groot genade

Daarom is ek vol vertroue as 'n trotse Boer dat God
die ware en werklike anker is vir die ware Boerevolk
as die uur kom in nood vir die opregte Boer en Volk.



Boere vrees nie.

Al skeur die AK-47 koeëls my Boere liggaam oop
Of ‘n spies en panga dalk my Boere hart deurboor
En die houe van knopkierie op my liggaam neer reën
Sodat ek as ‘n Boer sterf vir ons stryd na Boere vryheid

Sal my siel tot rus kom oor my Boerevolk in hulle stryd
Wie is soos jy my Boerevolk “ja” soos julle my Boere
Sal jy ook jou lewe gee in die hoop na ons Boere vryheid
Want wanneer jy as ‘n Boer eers vrees dan het jy verloor
Ons Boere was nog nooit bang of bevrees vir ‘n oormag

Al kom hulle aan soos die sand van die see in menigte
Dan vrees ons nie maar het ons diep berusting in ons harte
Ons Boere se stille vertroue en hoop is op ons God gerig
Wie vrees dan die AK-47 gewere of die panga en spiese

Ons Boere is almal bestem om te lewe en ook te sterwe
Die roemryke geskiedenis van ons Boere is ‘n bewys
Bewys dat ons Boere nie sal gaan lê maar sal voortgaan
In ons stryd na ons vryheid “ ‘n toekoms van ware hoop”



Dis alweer die einde van nog 'n maan se jaar
Nog 'n Dagboek vol geskryf word nou tot niet verklaar
Soveel dinge nagejaag tog soveel ongedaan
Te veel keer met die stroom geswem te min keer sterk gestaan

Maar more bring 'n nuwe maan 'n nuwe Dagboek leeg
Ek maak my vry van gister dis hoe ons aanbeweeg
Ek staar na al die blaaie so skoon en onversier
Ek weet dat ek dit vol moet skryf met plig maar ook plesier

Daar is die jaar se eerste maand om alles reg te ruk
Jou hart se laaie skoon te maak en stof daar uit te skud
Februarie kom so gou die eerste maand verby
En voor jy weet gaan nog 'n jaar begin momentum kry

Maak seker dat jy elke dag ten volle gaan ontgin
Moenie hals oor kop besluit maak seker jy besin
Handel liewer elke dag die dag se dinge af
Want gister se gewone taak is more net 'n las

As Maart die jaar tot rypheid bring en alles vrugte dra
Blaai weer deur jou Dagboek en vra jouself die vrae
Stuur ek die jaar met groot sukses na alles wat ek wou
Of het ek reeds voor Wintertyd oor van my dae berou

Nou's die eerste kwart verby en Winter voor die deur
En soos die blare kleure kry het ek opnuut geleer
Dat selfs met groot omsigtigheid ek nie oor als beskik
Daar's blaaie in my Dagboek wat my tot stilte ruk

Dis dan wanneer jy stil-alleen weer by jouself moet kom
Moet briek aandraai en vra vir raad en krag gaan soek by Hom
Ek loer weer oor my skouer en sien die enkelspoor
Daar's dae wat ek gedra was toe ek wou moed verloor

En dan's ons diep in Juniemaand 'n halwe jaar gedaan
Ek lees weer deur my Dagboek en kry so bietjie skaam
Te veel dae het ek niks geskryf en niks gedoen of sê
Om net so bietjie liefde in ander te belê

Maar voor die deur is Lentetyd en alles word weer nuut
Ek bid vir nuwe lewenslus maar laat U wil geskied
Daar is 'n nuwe ritme in alles rondom my
My hartklop is in harmonie my Dagboek vol en bly

Oktobermaand is alles mooi en al die bome bod
Soveel waarvoor ek dankbaar is ons dien 'n Grootse God
Die laaste kwart se blaaie is skoon en onbeskryf
En nou moet ek opnuut besin oor of ek swem of dryf

Daar is nog soveel dinge wat ek die jaar wou doen
Die dae raak min dis Somertyd en amper Feesseisoen
Koorsagtig skryf ek blaaie vol van take ongedaan
Ek wil nie nog 'n jaar afsluit met goed wat oor moet staan

Jou dagboek is jou eie die rekord van jou jaar
So skryf hom vol van dade wat jy vir goed bewaar
Doen jou plig met vreugde en diepe dankbaarheid
Want voor jy weet word nog 'n jaar se Dagboek afgesluit... Sx


Skatkamer van ons Boerevolk.

In die skatkamers van ons Boerevolk lê daar 'n
skatkis vol Boere geskiedenis
Waar 'n Boerevolk dit eers moet ontdek om die
waarde daarvan te kan waardeer

Dat die waarde van ons eie Geskiedenis so uniek
is dat geen goud of silwer dit kan koop
Dit is ryk aan ons eie Boere se trotse geskiedenis
waarop elke Boere hart trots kan wees

Boerevolk maak die skatkis oop dat die wêreld ons
eie trotse Boere geskiedenis kan sien
Van 'n trotse Boerevolk met sy eie bestaansreg as
'n Boerevolk met hulle geskiedenis.



Versugting na genade.

Slaaplose nagte vol verwarring
met koorsagtige sweet
Kwel ek my oor die Boerevolk
met versugtinge
Êrens het ons geval , verdwaal
en afgedwaal

Antwoorde bly my ontwyk en ek
ek soek na 'n uitweg
Hoekom en waarom moet ons as
Volk so gelouter word
Waarom is ons , 'n skouspel van
'n Volksmoord

Het ons Boerevolk koud geword
die waarheid verloën
Klou ons vas aan drome met vol
geslepe praatjies
Raadpleeg niemand dan God in sy
binnekamer na Bo

Wat is God se wil vir ons as 'n
Boerevolk
Skop ons dalk teen die prikkels
van die waarheid
Verseker sal elke knieë buig en
elke tong erken

Dat ons God verlaat het en agter
leuens aan hoereer
Keer terug Volk op die ou wee van
waarheid en God vrese
Skop maar teen die prikkels maar
in jou eie eer.



As die Boerevolk saam Brul.

Wanneer die môrestond die Boere hart
verhelder in hoop
En hulle die sorge van die lewe vir ’n
oomblik vergeet
En hulle die hulpgeroep van hulle mede
broers hoor

En die Boere se harte begin saamsmelt
soos een Volk
Gaan die vyande van die Boervolk dit nie
kan verbreek
Eendrag van die Boere maak ’n mag van
’n vaste eenheid

In die dag sal die Boere soos jong leeus
van oral brul
Verseker sal die vyand dit hoor en weet
die tyd is hier
Brul uit volle bors Boerevolk brul oor julle
trotse Boere status

Laat die vyande weet en bewus word van
ons groot Koning
Hy is die Leeu uit die stam van Juda ons
hoop en vertroue
En as Hy brul, sal almal vrees en hulle harte
sal smelt soos was voor die son.





"Heer vergewe my Boere hart"

In my binnekamer val ek op my knieë en met groot
versugtinge roep ek dit uit
“Ag, Heer” ek is ’n nietige Boer ek vra net wees ons
Boerevolk tog genadig
Wie het behae in ons as Boerevolk en wie kan ons
beskerm en ontferm soos U

My versugtinge ken geen perke my hart is krank oor
die Boerevolk Heer
Ek is moeg oor die sinnelose moorde en verkragtings
dit mergel my siel
Krankheid wil die oorhand kry maar my gees dwing my
in ’n ware hoop

Hoop wat my in haas drywe na ’n rebellie waar die Volk
op trek na die slagveld
“Ag, vergewe my Heer” maar hoe vinniger hoe beter vir
my sielerus
Sodat my versugtinge stil kan word en die krankheid kan
verdwyn my Heer.





Eens vreedsame paradys.

In die Paradys van die Boerevolk seil
jy rond in jou vyand gewaad
Met jou verleiding het jy een Sot laat
glo in jou valse geslepe vryheid
Deur die Sot en jou verleiding het die
Paradys ’n rowerspelonk geword

’n Eens Vreedsame Paradys sonder enige
gruwel moorde en verkragtings
Maar julle het dit so verander na ’n
speelplek vir al julle slange
Vroom in jou donker gewaad seil jy
om Boerevolk te verwoes

In jou paradys roep die bloed van al
die onskuldige Boere uit
Slang, hulle bloed wat nie jou vrugte van
verleiding geëet het nie
Hulle geroep sal ook verhoor word soos
die bloed van Abel

Die dag sal kom waar die Boerevolk jou
kop sal vermorsel, slang
Verlei en vermoor maar voort jou slang
weet dat die Boere se hakskeen
Die is alreeds opgelig en wag met inspanning
om jou kop te vermorsel.



Roei die Boom uit met sy vrugte.

Ons Volk is geplant in die land Suid-Afrika
en het gegroei in ware hoop
Ons Volk het gegroei en het vrugte gedra
en dit was ‘n lus vir die oog
Baie het dit aanskou en daar was haat in
hulle oë weens die mooi vrugte

Hulle het dit beny en het daarna gesmag
om van die vrugte te eet
Hulle het die Boom nie bewerk of enige
aandeel daaraan gehad nie
Maar hulle haat was groot om die Boom
te vernietig met sy vrugte

Hulle planne is om die wortel te vernietig
sodat die Boom moet vrek
Maar die penwortel is diep geplant in die
land Suid-Afrika en staan vas
Hulle kap van die takke af en steel die vrugte
en hoop die Boom moet vrek

Maar diep onder die grond kry die Boom se
wortels voeding in geloof
Ons moet die Boom bewaar en ons moet sy
vrugte oppas en sy wortels
As ons Volk bestem is vir die swaard dan
is ons Volk bestem vir die swaard

As ons Volk bestem is vir vryheid dan is
ons Volk bestem vir vryheid
Ons plig en verantwoordelik lê swaar op ons
skouers om ons erfdeel te bewaar.





http://afrikaner-genocide-achives.blogspot.de
/2011_07_19_archive.html
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free