Boere geskiedenis
PROKLAMATIE VAN MARITZ.
AAN DIE VOLK VAN SUID-AFRIKA! — Nademaal die vrede wat in 1902 te Vereeniging geslote werd in stryd was met die ware wil van die Suid-Afrikaanse volk en ons tegen ons begeerte tot onderwerping gedwonge werd deurdat ons vroue en kinders deur deur die vyand op stelselmatige wyse in die konsentrasiekampe uitgemoor werd, waardeur die volk gevaar geloop het om helemaal uitgeroei te word;
Nademaal die ideaal van een Vry Suid-Afrika onder eigen vlag nog steeds deur ons volk gekoesterd word en ons vast geloof en heilig oortuig is dat die Voorsienigheid, die o’er die lotgevalle van volke sowel als persone beskik, onse vrome en kloeke voorvaders in hierdie sonnige land geplant het om van ons, hun afstammelinge, een vry en onafhankelike volk te maak;
Nademaal die Imperiale Regering in meer dan een geval sedert die laatste oorlog opnieuw woord met die Suid-Afrikaanse volk gebreek het deur, byvoorbeeld, die dire miljoen pond sterling wat bestemd was vir burgers wat sig nie onder beskerming van die vyand geplaas het nie, aan persone uit te betaal wat daarop geen aanspraak kon maak nie en verder sowel die Engelse regering as die Jingo-element in Engeland voortdurend pressie uitgeoefen het op die Unie regering om, in stryd met gedane beloftes, die nasionale aspirasies van ons volk uit te doof en te onderdruk en die belange van die ryk bove die van Suid-Afrika te plaas;
Nademaal die ryksregering eindelik so ver gegaan het om die Unie regering te beweeg om, tege die wil en begeerte van die o’ergrote meerderheid van ons volk te trag Duits Zuid-west-Afrika te verower en die Unie regering duer valse en bedriegelike voorstellingen die volksraad daartoe gebreng het om goedkeuring aan genoemde oorlog te heg;
Nademaal die volk eerst deur lydend verset en later met die wapen in die hand tegen genoemde oorlog geprotesteerd het en die Unie regering, in plaas van daaraan gehoor te gee, deur onware en misleidende beweringe die een deel van die bevolking tegen die ander onder die wapen gebreng het waardeur reeds vele sone van ons land die lewe verloor het;
Nademaal die volk alle konstitutionele middele uitgeput het om die Unie regering te beweeg om van genoemde oorlog af te sien en daar er dus vir die volk geen ander uitweg is dan om die Britse juk van sig te skud:
So is het dat ik, Salomon Gerhardus Maritz, Kommandant Generaal van die Republieke strydmagte in die Kaap Provincie, met konsent van die voorlopige regering, als volg proklameer en vas stel;
Dat die vroegere Suid-Afrikaanse Republiek en Oranje Vrystaat sowel as die Kaap Provincie en Natal vry van Brits gesag en onafhankelik verklaar word en iedere blanke ingeseten van genoemde streke, van welke nasionaliteit ook, word hiermee opgeroep om met die wapen in de hand die lang gekoesterde ideaal van een Vry en Onafhankelik Suid-Afrika te help verwesenlik. Als die volk hieraan eenparig gehoor gee dan kan die doel sonder bloedvergieting bereik woed; aan die ander kant als men verdeeld is dan kan die stryd mogelik lang en bloedig wees. Dis dus noodsakelik dat iedereen aan die wapen moet gryp om te kan behaal wat God vir ons volk bestemd het en wat hy nou in ons bereik stel.
Die eigendomme en goedere van diegene wat aan ons syde staan sal op alle mogelike manier gerespekteerd en beskermd word en alle behoorlike gekommandeerde goedere en diere sal so spoedig mogelik na die oorlog uitbetaald word.
Alle geldelike vorderinge, van welke aard ook, is gestaak tot dire maanden na die oorlog en dergelike skuldbewyse ens. sal geen rentre dra gedurende die oorlog.
Die betaling van die repatriasieskulde is eveneens gestaak en so spoedig mogelik na die oorlog sal die hele kwessie in hersiening genome word met die doel een billiker en regtvaardiger oplossing te vind.
Verskeidene gevalle is bekend waar die vyand naturelle en kleurlinge gewapen het om ons te beveg en daar dit strek om minagting by die swart nasies op te wek vir die blanke, so wordt met nadruk gewaarschuwd dat, alle kleurlinge en naturelle wat met die wapen gevange genome word, sowel als hul offisiere, daarvoor sal moet boet met hul lewe.
Ik proklameer en maak verder bekend dat daar o’ereenkomstig oorlogswet gehandeld sal worde met krygsgevangene van die vyand wat by gevangeneming nie behoorlike uniforms draag wat onderskei han word van die gewone burger drag.
Dat daar deur ons weerwraak geneem sal word wanneer mog blyk dat onse burgers of offisiere wat in die hande van die vyand mog val nie o’ereenkomstig die wette van beskaafde oorlogvoere behandeld word.
By verskeidene gelegenhede is in die laaste tyd geblyk dat die vyand sig van ontplofbare patrone bedien en ik wens met nadruk te protesteer tegen son ’n barbaarse manier van oorlogvoere. Van die vyand wat in besit van sodanige patrone gevonde word, sal o’ereenkomstig oorlogswet behandeld word.
In die laatste tyd het die vyand by meer dan een gelegenheid misbruik van die witte vlag gemaak en ook daartegen word gewaarschuwd.
Daar die vyand dreig om eigendomme en goedere van burgers wat aan Republikeinse syde stry te konfiskeer, word hiermee bekend gemaak dat sodanige konfiskere onwetting is nie erkend sal word.
Eindelik word voor algemene informasie bekend gemaak dat die volgende persone als een voorlopige regering gekose is om names die volk op te tree tot dat andere regeling gemaak kan worden: —
C. F. Beyers, Kommandant Generaal vir die Transvaal.
C. R. de Wet, Kommandant Generaal vir die Oranje Vrystaat.
S. G. Maritz, Kommandant Generaal vir die Kaap Provinsie.
J. C. G. Kemp, Assistent Kommandant Generaal vir die Transvaal.
A. P. J. Bezuidenhout, Vegt Generaal en Komdt. Kampfer.
Hierdie proklamasie moet beskou word als van toepassing sowel op die Transvaal en Oranje Vrystaat als op die Kaap Provincie en Natal en in so verre die inhoud nie in stryd is met proklamasies of kennisgevinge wat reeds deur die tydelike regering of republikeinse generaals utigevaardigd mag wees.
GOD BEHOEDE LAND EN VOLK.
Gegeve onder myn hand te velde op hede die 16de dag van Desember in die jaar onses Heren Een duisend Negehonderd en Veertien.
Britte en Boere.
Die Britte.
Die bevolking van die Verenigde Koninkryk in 1899 was 30 miljoen. 448 435 Britse troepe het aan die oorlog deelgeneem. Hiervan was 30 000 vrywilligers van oorsese Britse kolonies en 50 000 vrywilligers ut die die twee kolonies Kaap en Natal en daarby 5 000 joiners van die republieke. 'n Syfer van ongeveer 30 000 gewapende swartmense is deel van die 448 435 Britse troepe. Dit grootste getal wat op enige gegewe stadium diens gedoen het was 240 000 in Mei 1901. Ten minste 7 800 Britse soldate is agv krygsverrigtinge dood terwyl 14 658 weens siekte of ongelukke omgekom het. Die oorlog het Brittanje ongeveer 230 miljoen pond gekos. Vir repatriasie en hervestiging is 300 miljoen deur die Britse regering bewillig, maar slegs 16 miljoen is uitbetaal.
Die Boere.
In 1899 was die blanke bevolking van die twee republieke ongeveer 300 000. Die republikeinse magte 50 000 na 60 000 waarvan 'n aantal staandemaglede. Tussen 1500 en 3000 buitelanders en 10 000 na 15 000 Kaapse rebelle het Boerekant geveg. Die getal swart en bruin agterryers was na raming 10 000. Daar was nooit meer as 47 000 Boere op 'n gegewe tydstip in die veld nie. 3997 gesneuwel, 150 verongeluk en 1 800 na 2 200 weens siekte omgekom.
Na die vredesverdrag het sowat 10 000 Kaapse rebelle hulle stemreg vir vyf jaar verloor.
Na raming is 30 000 plaashuise en 40 dorpe verwoes. 160 000 blankes is in konsentrasiekampe aangehou. 28 000 blankes sterf in die kampe, waarvan 22 000 kinders onder 16 jaar.
Met vredesluiting het nog sowat 2 540 families (ongeveer 10 000 vroue en kinders) in die veld rondgeswerf.
In totaal is sowat 28 000 mans en seuns krygsgevangene geneem waarvan 25 630 oorsee aangehou is. Ongeveer 'n duisend het nie teruggekeer nie-
Die ridderlike De la Rey.
In die somer van 1901 tot 1902 het genl. De Wet vir heelwat opwinding gesorg. Hy en sy manne het die aand voor Kersdag 1901 geluidloos die steil hange van Groenkop tussen Bethlehem en Harrismith uitgeklim nadat die Britse wagte aan die voet van die kop doodgeskiet is. Die voorste burgers was op die kop voordat die Britte besef het wat aangaan. Baie is gedood of gewond. Vir die Britte was De Wet se oorwinning baie pynlik en Kitchener het besluit om nog blokhuislinies op te rig. Kitchener het drie groot dryfjagte in 1902 teen De Wet georganiseer, maar hy en sy mense het telkens ontsnap.
De la Rey het in dié tyd twee oorwinnings behaal -- die eerste op 25 Februarie 1902 by Yzerspruit naby Wolmaransstad. 'n Hele kolonne het in die hande van De la Rey geval en hy het ammunisie vir 'n baie lang tyd gehad. Sy grootste oorwinning was sowat twee weke later. Ná Yzerspruit het lord Methuen, tweede in bevel ná Kitchener, van Vryburg na Klerksdorp opgeruk om met De la Rey te gaan afreken. Methuen het vir die nag op Tweebos gaan kampeer. Dis glo daar naby dat Nicolaas van Rensburg van Wolmaransstad, bekend as "die Siener", by De la Rey opgedaag het. De la Rey het Van Rensburg tegemoet gestap en gevra: "Dag, Oom Nicolaas, hoe lyk dit, ek wil mos môre vir Methuen vang?" Van Rensburg het glo sy kop 'n rukkie laat sak en gesê: "Generaal, jy is reg, môre vang jy hom. Ek sien die rooi bul kom aan, maar sy horings hang en ek sien ons mense tussen sy waens loop."
Die Britte was die oggend nouliks in beweging, toe De la Rey se burgers hulle aanval. Methuen het daarna die agterhoede versterk. Dit was net waarop De la Rey gewag het. Ander afdelings wat hy teruggehou het, het daarop die res van die kolonne aangehou. Groot verwarring het in Britse geledere ontstaan en baie het gevlug. Methuen is in sy been gewond en het in die Boere se hande geval.
Kaptein Japie de Villiers vertel dat 'n veldkornet hom ontbied het om met Methuen te praat. Dié het gevra of sy dokter daarnaby is. De Villiers het na die Engelse dokter gery en gesê dat sy generaal gewond lê en hom daar wil hê. Die dokter het geantwoord: "What nonsense!" De Villiers het hom toe met sy perd na Methuen aangejaag. Hy het by sy generaal op sy knieë geval en nadergekruip, die wond ondersoek en vasgestel dis 'n ernstige breuk. Terwyl hy besig was om die been te spalk, het De la Rey opgedaag, sy hoed afgehaal, Methuen gegroet en gesê hy is jammer om hom in dié toestand aan te tref. Methuen het gevra om in 'n huis te bly, maar De la Rey het geantwoord dat die Britte almal afgebrand het. Mev. De la Rey het Methuen ook besoek, vir hom beskuit gebak en haar enigste hoender vir hom geslag. Nadat sy been gespalk is, is hy na die plaas Gestoptefontein gestuur en die volgende dag onder bevel van Tom Leask, De la Rey se neef, na Klerksdorp met Methuen se eie waentjie en vier muile.
De la Rey se optrede het 'n groot indruk gemaak op die Russiese skrywer Leo Tolstoi, wat pro-Boer was. Hy was bly oor De la Rey se oorwinning, maar het Methuen se vrylating heelhartig toegejuig. "Hierdie daad het die Engelse doodeenvoudig stomgeslaan", het hy gesê.
http://www.geskiedenis.sariemarais.com/
http://www.volkstaat.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1233:die-boervolk-van-suid-afrika-boere-republikeinse-verkiesingskommissie&catid=117:boere-republikeinse-verkiesingskommissie-bvk&Itemid=187
https://www.facebook.com/afrikaner.geskiedenis