http://staan-saam.page.tl/
Gestbook Riseingsouthernstar-Africa AWB Weskaap

Boere Staan Saam

Ons Tuisblad

Duisende ruk op vir Gelofte-diens

Duisende mense het Maandagoggend vir die jaarlikse Geloftediens na die Voortrekkermonument in Pretoria opgeruk.
Vanjaar
is daar tente buite die monument opgerig waar besoekers wat nie plek in
die monument self kon kry nie, ook na die diens kon luister.
Ds.
Wouter van Wyk, wat die diens behartig het, het in sy boodskap gesê in
'n tyd waar die kultuur en ekonomie van Afrikaners - as 'n
minderheidsgroep - bedreig word, moet Afrikaners onthou om soos die
Voortrekkers met die Groot Trek en die Jode met hul uittog na die
Beloofde Land, op God te vertrou en Hom erkenning te gee vir die rol wat
Hy bly speel in die voortbestaan van alle volke.
“As
ons op Hom vertrou, sal ons kan getuig dat God in die geskiedenis van
mense en volke ingryp om hul voortbestaan en bewaring te verseker,” het
Van Wyk gesê.
Na die diens het ATKV-lede 'n ossewa in die parkeerterrein voor die monument in minder as 20 minute aanmekaargesit.
Talle
gesinne het na die tyd piekniekmandjies, stoele en komberse uit hul
motors gaan haal om verder buite die monument te kuier en om te wag vir
die son om 12:00 op die senotaaf onder in die monument te skyn.
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free