http://staan-saam.page.tl/
Gestbook Riseingsouthernstar-Africa AWB Weskaap

Boere Staan Saam

News


Boere staan saam teen plaasmoorde
07 October 2013 | Stephanus de Swardt on 11/16/2013 at 10:56am (UTC)
 Boere staan saam teen plaasmoorde


"Dis net die begin, maar dis 'great'," het me. ...show more


’n Groep vierwiel motorfiets bestuurders het besluit om kragte saam met Afriforum en 'Quads for Quads' te span en 'n 1 000km af te lê om mense van plaasmoorde bewus te maak.

07 October 2013 | Stephanus de Swardt


STANDERTON - Dit het alles rondom die etenstafel gebeur.

"Ons moet iets hieraan doen," het me. Bernadette Hall aan haar twee seuns gesê.

Dit was nadat haar man, voor haar oë, in Februarie verlede jaar, vermoor is.

Volgens haar het die polisie nie reg opgetree en nie die forensiese bewysstukke reg hanteer nie.

Die aanvallers is onskuldig bevind hoewel sy hulle tydens 'n uitkenningsparade geïdentifiseer het.

"Die regering moet opstaan en pa staan vir hulle mense," het me. Hall gesê.

Hulle het besluit om kragte saam met Afriforum en 'Quads for Quads' te span en 'n 1 000km af te lê om mense van plaasmoorde bewus te maak.

Die groep bestaan uit vyf slaggoffers wat plaasaanvalle oorleef het.

Hulle het van 26 tot 29 September, van Johannesburg na Durban, op vierwielmotorfietse gereis.

Die groep, wat bekend staan as 'Frischgewaagd Dirt Riders', het 50 plase besoek, waar hulle pamflette en literatuur versprei het.

Hulle wil 'n beroep op die Minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, doen om plaasmoorde te prioritiseer.

"Daar was 13 voorvalle in ons gebied in die laaste drie jaar," het me. Hall gesê.

Sy het ook gesê dat daar sewe voorvalle in die laaste 18 maande was.

"Die aanvalle neem toe en nie af nie," het sy gesê.

Die vierwielbestuurders het verlede Donderdag op Standerton oornag.

Vandaar het hulle na Newcastle, Weenen en tot by Balito gereis.

"Die boere wat ons besoek het, voel saam met ons dat dit 'n saak van erns is," het me. Hall gesê.

Sy het ook gesê dat hulle 'n manifes aan boere beskikbaar stel, wat verduidelik wat van boere en die polisie, na 'n plaasaanval, verwag word.

"Dit maak mense bewus van hoe om forensiese bewystukke te hanteer sonder om dit te kontamineer." het me. Hall gesê.

Mnr. Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat bewusmaking oor plaasmoorde van kardinale belang is, veral omdat mnr.

Mthethwa nie bereid is om dit te prioritiseer nie. "Die mense se pro-aktiewe optrede dien as voorbeeld vir bekommerde lede van die publiek, wat nog nie betrokke geraak het nie," het mnr. Roets gesê.

Die 'Frischgewaagd Dirt Riders' sal ook bewusmaking van die AfriForum-petisie vir die prioritisering van plaasmoorde, wat in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede ingedien word, behartig.

Die petisie is elektronies by www.hoelanknog.co.za beskikbaar.

Me. Hall het gesê dat 'n kopie van die petisie direk na mnr. Mthethwa gaan sodra dit op die webwerf voltooi is.

"Hierdie is net die begin, maar dit is 'great'," het me. Hall gesê.
 

<- Back  1  2 

Continue->

This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free